Rietvlei Akademie Lyttelton
Klein in getal, groot in geloof - groei saam met God elke dag.

’n Afrikaanse Privaatskool: Klein klasse, groot verskil!

Rietvlei Akademie Lyttelton is ’n skool waar elke leerder gesien, gehoor en gehelp word.

Ons lei, ondersteun en onderrig leerders in klein groepe om eendag as toegeruste volwassenes hul plek in die samelewing vol te staan en ‘n positiewe bydrae te lewer.

Dit is vir ons belangrik dat leerders gelukkig en geliefd moet voel in die omgewing waar hulle elke dag leer en eendag in hul skeppingsdoel sal in beweeg en word wie hul bestem is om te wees.

Hier bied ons gehalte onderrig.

Ons Visie

Ons strewe daarna om ’n veilige, liefdevolle en Christengebaseerde leeromgewing te skep waar elke leerder in sy of haar uniekheid erken word. Deur individuele ondersteuning, klein klasse en geloofswaardes help ons elke kind om in wysheid, karakter en kennis te groei sodat hulle hul Godgegewe potensiaal ten volle kan bereik. 

Ons Missie

Ons is ’n klein, Christengebaseerde skool wat daartoe verbind is om elke leerder holisties te ontwikkel deur individuele aandag, akademiese en geestelike groei. Ons streef daarna om ‘n veilige ruimte te bied waar elke kind geliefd, verstaan en tot sy/haar volle potensiaal ontwikkel – ten einde hulle met vertroue en geloof hul plek in die wêreld te kan inneem.

Ons waardes

Geloof

Diensbaarheid

Respek

Integriteit

Kerninligting van ons skool

Skoolure

Grondslagfase:
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:00
Vrydag: 07:30 – 12:30

Graad 4 -7:
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:30
Vrydag: 07:30 – 13:00

Taal van onderrig

Afrikaans

Graad

1-7

Klasgrootte

Maksimum 12 leerders

Ons bied gehalte Afrikaanse onderrig in klein klasse, met toegewyde onderwysers en ’n sterk fokus op elke leerder se groei.

'n Skool wat nog meer aanbied

Akademie

Sport/Kultuur

Hoogtepunte